Website Lumin Africa
SKAKELBEAMPTE EN FONDSWERWER
WES-KAAP
Ons kliënt, LuminAfrica, is ʼn Suid-Afrikaanse Bybelvertalingsorganisasie wat deur middel van samewerking met soortgelyke organisasies die dringende behoefte van Bybelvertaling in Suider-Afrika aanspreek. LuminAfrica benodig tans die dienste van ‘n ervare fondswerwer om deel van hul klein en innoverende span te word.
Verantwoordelikhede:
- Skakeling met interne en eksterne rolspelers (ontwikkelingspersoneel, leierskap, vrywilligers, ens.)
- Bou verhoudings met bestaande en potensiële donateurs (insluitend individue, gesinne en besighede)
- Voorbereiding en saamstel van aanbiedings / voorleggings aan verskeie belangegroepe
- Persoonlike kommunikasie met bestaande en voornemende beleggers
- Akkurate rekordhouding / verslagdoening m.b.t. beleggers / donateurs se versoeke, interaksies, geskenke ens.
- Administratiewe take (bv. korrespondensie, begrotings, opdatering van databasis, ens.)
- Reëling en koördinering van funksies
Vereistes:
- Toepaslike tersiêre kwalifikasie (fondswerwing, verkope, bemarking, skakelwese, ens.)
- Ondervinding in verkope of fondsinsameling binne ʼn kerklike / bedieningsomgewing sal as sterk aanbeveling dien
- Ekstroverte persoonlikheid en vermoë om sterk verhoudings te bou met verskillende etnisiteite, kulture, wêreldbeskouings, ens.
- Uitstekende kommunikasievaardighede (persoonlik, telefonies en skriftelik)
- Rekenaarvaardig (Microsoft Office, Teams en CRM-stelsels)
- Nakoming van Bybelse beginsels en kernwaardes
- Bereidwilligheid om gereeld te reis
- Uitstekende analitiese, navorsings- en probleemoplossingsvaardighede
- Goeie sakevernuf (goeie begrip van groot sakeondernemings, filantropiese trusts, stigtings, ens.)
To apply for this job please visit www.ditto.jobs.
