• Position Filled
  • Paarl

Website Qualipak

ONTVANGSDAME / ADMIN BEAMPTE

PAARL

Qualipak (Pty) Ltd vervaardig toerusting vir die voedsel-, koeldrank en Wynbedryf. Bogenoemde pos is tans beskikbaar vir ʼn jong, dinamiese persoon wat administratiewe en sekretariële ondersteuning aan Senior Bestuur kan verleen.

Verantwoordelikhede behels:

• kantoorbestuur (ontvangs, skakelbord, aankope, poshantering, ens.)
• administratiewe pligte (liassering, datavaslegging, reisreëlings, elek-troniese verwerking van bestellings ontvang, invoer van tydstate)
• tik van kwotasies
• opvolg van bestellings en stuur van verslae

Die ideale kandidaat voldoen aan die volgende vereistes:

• deeglike kennis en ondervinding van MS Office
• uitstekende administratiewe vaardighede
• goeie organiseringsvermoë
• goeie kommunikasievaardigheid en menseverhoudinge
• professionele voorkoms en optrede
• taalkundige aanleg
• positiewe waardesisteem

Om aansoek te doen, stuur asb. u CV per e-pos na elou@qualipak.co.za voor Woensdag, 8 Augustus 2019.

Indien u geen terugvoer binne twee weke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

To apply for this job email your details to info@hrsa.co.za.