
Radiografis
DIAGNOSTIESE RADIOGRAFIS
PAARL
ʼn Gevestigde radiografis het ʼn opwindende nuwe geleentheid beskikbaar vir ʼn gekwalifiseerde diagnostiese radiografis (met basiese ondervinding) wat teater-radiografie in Mediclinic Paarl kan behartig.
Verantwoordelikhede behels:
• behartig teater radiografie (fluoroskopie) op ʼn 24-uur skofrooster (moet slegs beskikbaar wees vir geskeduleerde- en noodgevalle)
• deurlopende kwaliteitskontroles m.b.t. C-Arm toerusting
• basiese administrasie
• toepassing van basiese teaterpraktyke (bv. higiëne)
• professionele skakeling met belanghebbendes (bv. dokters)
Die ideale kandidaat voldoen aan die volgende vereistes:
• geldige registrasie by die HPCSA as ʼn diagnostiese radiografis
• kennis van en ondervinding met C-Arm toerusting
• teater radiografie ondervinding sal as aanbeveling dien
• uitstekende kommunikasievermoë en goeie menseverhoudinge
• professionele voorkoms en optrede
• woon binne 25 minute radius vanaf Mediclinic Paarl met betroubare vervoer
Om aansoek te doen, stuur asb. so spoedig moontlik
u CV per e-pos na info@hrsa.co.za
To apply for this job email your details to info@hrsa.co.za.